3D & 4D sonar met helder beelde:  3D is die fotos wat geneem word in 3 dimensies, en die 4D is videos van die 3D baba.

Fotos en videos van u kleinding:  tydens ‘n sonar neem ek fotos van u kleinding en maak kort videos.

DVD’s word verskaf: nadat die sonar verby is gaan ek deur die fotos en videos wat ek geneem het tydens die sonar en ek maak sommige van die beelde mooier en sit hulle by die fotos en videos wat ek geneem het.

Ooievaarspartytjies: Ek kom na die partytjie toe! Met my mobiele sonar masjien kan ek na die plek van die partytjie toe kom, ek doen ‘n 3D & 4D sonar ten aanskoue van u familie en vriende. Na die tyd gee ek ‘n DVD met al die fotos en videos op.

Mobiele geriewe: Met my mobiele sonarmasjien kan ek na jou kantoorblok toe kom om ‘n sonar te doen waar meer as een swanger dame is. Ek kan met die mobiele sonarmasjien  ‘n 3D & 4D sonar doen waar dit bv. medies ontmoontlik is vir u om na my spreekkamer toe te kom, by u te doen, bv. in die hospitaal/kliniek.