Meer Oor Ons

As 'n ma van twee, weet ek swangerskap is 'n baie spesiale tyd in 'n ma se lewe. Ek glo daar is niks saliger as die skepping van 'n nuwe lewe nie.

Ek voel dat ek nie tydens my swangerskappe genoeg inligting by my ginekoloog gekry het nie. Ek wou meer oor my ongebore baba weet, byvoorbeeld, die lengte van my baba se voet en of hy/sy hare het of nie. Ek is seker ander ouers voel dieselfde.

Nou kan jy jou baba sien. Die nuutste 3D/4D ultraklank tegnologie maak ongelooflike beelde van jou ongebore baba moontlik! By Uniek4D bring ons families bymekaar om die wonder van ‘n nuwe lewe te beleef.

Ons is baie opgewonde om jou ‘n ervaring, wat jy altyd sal koester, te bied - jou baba se hartklop vir die eerste keer te hoor of die gelaatstrekke van jou baba te sien. Die gawe om jou baba se gesig te sien, voordat hy/sy die wêreld binne kom, is kosbaar.

Bied ons 'n gerieflike en aangename atmosfeer en verseker dat jy en jou gesin die beste moontlike ervaring het.

Ek is goed opgelei en passievol oor my beroep en geniet elke sonar met familie en vriende!

Ek sien uit daarna om jou en jou gesin te ontmoet en julle hierdie wonderlike, een maal in 'n leeftyd, ervaring te gee.

Ek waardeer u besigheid en belowe jou die hoogste gehalte diens.